Jong SA-ontwerper se visie realiseer in New York SMF News
Janeke Luxueuse op pad na New York Modeweek
Ons is trots om te deel dat Janeke van der Walt, stigter en ontwerper van Janeke Luxueuse, vanjaar haar ontwerpe op die loopplank by New York Modeweek sal sien.
Janeke Luxueuse is in 2024 bekendgestel en is gebou op ’n visie van tydlose elegansie — kledingstukke wat vroue selfversekerd, stylvol en sterk laat voel. Sedertdien het die handelsmerk verskeie versamelings bekendgestel, internasionale blootstelling ontvang deur Flying Solo, en reeds aandag getrek by publikasies en stiliste.
Die volledige artikel vertel meer oor Janeke se reis van Stellenbosch tot internasionale modegeleenthede, asook die mense en inspirasie agter die handelsmerk.
Lees die volledige storie op SMF News: Jong SA-ontwerper se visie realiseer in New York
Erkenning: Artikel deur Celeste Rabie vir SMF News. Foto’s: Celeste Rabie.